|
Johrné, Jaco en Lienka , oftewel die trio ddisselblom, se
langverwagte nuwe album is hier: Onskuld.
Sedert dié bekroonde trio se ontstaan in 2002, en die onvergeetlike
treffers Nikotien & Kafeïen, Goud en Marog en
Kiepie en Kandas, het elkeen van die lede ook as solokunstenaars
bekendheid verwerf: Johrné onder meer as gewilde en bedrywige
compère; Lienka as solo-sangeres en Jaco as akteur, veral bekend om
sy spel in Villa Rosa. Nou is die trio terug op CD. Die album dra
die stempel van musikale integriteit: gesond kommersieelgerig en
gepoets met briljante liedjies, meevoerende orkestrasie en vokale
suiwerheid.
Die trio se veelsydigheid word onder meer op die progressiewe snitte
Hartaanval agter die stuur, Jy lieg vir my, Jy sit
my op ‘n high en Land daar onder (Men at Work se Land
Downunder). Tussen die gewisse radiotreffers is die snitte
Onskuld, Dis ‘n fyn lyn en Wat gaan aan in jou kop?.
Oudergewoonte verleen Lienka se vokale prag en fyn interpretasie van
die ballade luisterswier: Honderdduisend trane (deur Johan
Oberholzer), Glas half vol (deur Johan Oberholzer) en die
onoortreflike stemfluweelsnit Something (deur George
Harrison). Eweneens beïndruk Jaco Spies se Engelse komposisie,
Moon on the rise.
ddisselblom se album Onskuld tel tussen vanjaar se
opwindendste verrassings en die beste uitreikings! In dié onskuld is
deurdagtheid: ondersoeking, bepeinsing - én, bowenal, suiwer
kreatiewe genieting! |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| |

Ons
moet 'n tweede video maak!
Ons moet kies tussen:
•
Onskuld
• Land daar Onder
• Dis 'n fyn lyn
Wat sal
julle kies?
Gaan na
ons
Facebook groep en sê julle sê! |