tuisblad


kontak ons

 
           

Johrné, Jaco en Lienka , oftewel die trio ddisselblom, se langverwagte nuwe album is hier: Onskuld.

Sedert dié bekroonde trio se ontstaan in 2002, en die onvergeetlike treffers Nikotien & Kafeïen, Goud en Marog en Kiepie en Kandas, het elkeen van die lede ook as solokunstenaars bekendheid verwerf: Johrné onder meer as gewilde en bedrywige compère; Lienka as solo-sangeres en Jaco as akteur, veral bekend om sy spel in Villa Rosa. Nou is die trio terug op CD. Die album dra die stempel van musikale integriteit: gesond kommersieelgerig en gepoets met briljante liedjies, meevoerende orkestrasie en vokale suiwerheid.

Die trio se veelsydigheid word onder meer op die progressiewe snitte Hartaanval agter die stuur, Jy lieg vir my, Jy sit my op ‘n high en Land daar onder (Men at Work se Land Downunder). Tussen die gewisse radiotreffers is die snitte Onskuld, Dis ‘n fyn lyn en Wat gaan aan in jou kop?. Oudergewoonte verleen Lienka se vokale prag en fyn interpretasie van die ballade luisterswier: Honderdduisend trane (deur Johan Oberholzer), Glas half vol (deur Johan Oberholzer) en die onoortreflike stemfluweelsnit Something (deur George Harrison). Eweneens beïndruk Jaco Spies se Engelse komposisie, Moon on the rise.

ddisselblom se album Onskuld tel tussen vanjaar se opwindendste verrassings en die beste uitreikings! In dié onskuld is deurdagtheid: ondersoeking, bepeinsing - én, bowenal, suiwer kreatiewe genieting!

ddisselblom  hoogepunte
   
Gaskunstenaars by die bekendstelling van Aardklop 2001 in Johannesburg
   
Gaskunstenaars by die bekendstelling van die Gariepfees 2001 op Kimberley
   
Pendoring toekenning 2001 (Geblikte Afrikaans)
   
Twee professionele produksies by Aardklop 2001 (uitverkoop)
   
CD bekendstelling op Aardklop 2001
   
Dorpstraatteater in Stellenbosch is altyd 'n wenner
   
Een van net 9 produksies op die 'Kollig op die KKNK Fees' in Durban
   
5 Produksies op KKNK 2002
   
4 Produksies op Aardklop 2002

    Sing vir Koos Kombuis op die Casper Rasper Show 2
   
Optrede saam met Stef Bos in die Sand du Plessis teater tydens sy SA toer.  Enigste Suid
        Afrikaanse kunstenaars wat die geleentheid gehad het.
   
Optrede saam met Theuns Jordaan en Karen Zoid by ABSA liefdadigheidkonsert.
   
Wenner van 'n Kanna toekenning vir Eietydse Musiek by die KKNK 2003
   
Wenner van 2 Geraas Musiek Toekennings:  Beste Duo of Groep & Beste Musiekvideo
   
4 produksies op Aardklop 2003, kaartjie verkope spring van 165 in 2002 na 1800 in 2003.
   
Oppi-aarde 2003
   
Puk Jool 2003 met ‘n gehoor van 7000 en ddisselblom word doodgesing soos hulle saamsing.
   
4 produksies op KKNK 2004
   
3 produksies saam met Koos Kombuis op KKNK 2003 getiteld Kombuisblomme
   
Kaktus op die Vlaktes ook saam met Koos op KKNK 2004 - Definitief een van die hoogtepunte
        van hoogtepunte
   
Vertoning op KKNK 2004 oor die musiek van Johannes Kerkorrel saam met Cutt Glass, Steve
        Hofmeyer, Georgia en DNA Strings. Na die produksie word Georgia, DNA en ddisselblom vir
        ‘n Kanna genomineer.
   
Voorblad van die Insig tydskrif en konstante blootstelling in die media.
 

 

© 2002 - 2010  •  ddisselblom  •  Mia @ ddisselblom  •   Webblad ontwerp & onderhou deur 123 INTERNET

Webblad ontwerp vir 1024x768 skerm resolusies en Internet Explorer 7+ en hoër